Zuid-Afrikaanse teksten

KerkinActie heeft de classis Overijssel-Flevoland verbonden met Zuid-Afrika. Door op één specifiek land te zijn georiënteerd is het mogelijk je meer te verdiepen in de achtergronden van de cultuur. Hieronder een linguïstische bijdrage: teksten van gebeden, belijdenis en liederen in het Zuid-Afrikaans. Misschien leent een tekst zich voor een citaat in een dienst of kan een tekst anderszins worden aangehaald. Daarmee krijgt de relatie Nederland-Zuid-Afrika meer kleur. 

Foto: Fragment van een illustratie uit de 'Kinderen van God' Bijbelverhalen. In Nederland uitgebracht door Benjamin Heerenveen. De illustraties komen vanuit diverse landen; deze is van Marjorie Van Heerden uit Zuid-Afrika. 

Pelgrimslied

Vader God U ken my naam
My binnegoed en buitestaan
My grootpraat en my klein verdriet
My vashou aan als wat verskiet. 

U ken my vrese en my hoop
Die pad wat ek sa kaalvoet loop
Di epad het U lankal berei 
U maak die pad gelyk vir my. 

U het my met U lig geseën 
Die lig strooi ek op iedereen 
Net U weet hoe my toekoms lyk 
Ek het niks, U maak my ryk. 

Alle pelgrims keer weer huistoe
Elke swerwer kom weer tuis
Ek verdwaal steeds op U grootpad
Soekend na U boardinghuis.

Amanda Strydom
Als gezongen lied te beluisten via YouTube: Klik hier.


Hoe verwissel ek U met ander gode….


Eksuus, Here, dat e kso gou verlei word
om darem ook nog op ander dinge te vertrou.
Ek is jammer dat e kso gou oortuig word om staat te maak
op my talente, my geleerdheid, my sakevernuf,
my ‘networking’, my hardwerkendheid, my aandeelportefeulje…

Jammer dat hierdie ‘goeie’ dinge U verdryf het
uit die sentrum van my vertroue;
totdat U nou net ’n deel vorm van my groter netwerk.
Hoe maklik is dit nie om U, my God, en ander gode
met mekaar te verwissel nie!

Help my, Here! Ek wil nie voorgee om U te dien
en dan doen ek dit nie van harte nie.
Ag, Here, ek wil nie godsdiens as fyn sosiale spel speel nie.
Gee my daarom die dieper insig,
om heeltemal op U te vertrou;
om te onthou U voed my, soos die psalmdigter sê,
‘met die beste koring,
en versadig my met heuning uit ’n rots’.

Piet Naudé (fragment)

Om sy één kerk te leef en te bely


Ons glo in U, drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees,
wat deur u Woord en Gees
u kerk versamel, beskerm en versorg
van die begin van die wêreld af tot die einde toe.
Here, ons glo aan een heilige, algemene Christelike kerk,
die gemeenskap van die heiliges,
wat U geroep het uit die ganse menslike geslag.
Ons glo dat hierdie eenheid van u volk
op ’n verskeidenheid van maniere
sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees.
help ons dus, Here, om mekaar lief te hê,
en gemeenskap met mekaar te beleef,
na te jaag en te beoefen.
Maak ons gewillig om onsself met vreugde
tot nut en saligheid van mekaar te gee.
Ons glo dat hierdie eenheid
slegs in vryheid getalte kan vind
en nie onder dwang nie.
Ons bid daarom dat U ons oë sal oopmaak
sodat ons die verskeidenheid van ons
geestelike gawes, geleenthede, agtergronde,
oortuigings, taal en kultuur
sal sien as geleenthede tot diens en verryking van mekaar.
Dankie, Here, ons God, dat dit moontlik is
omdat u Seun, Jesus Christus
ons met U en met mekaar versoen het
tot een sigbare volk van God.
Ons dank U dat U geen ander voorwaarde
vir lidmaatskap van hierdie kerk stel nie,
behalwe ware geloof in Jesus Christus.
Help ons as kerk om dit alles te bely en te doen,
in gehoorsaamheid aan Jesus Christus,
ons enigste Hoof.
Help ons om dié eenheid te bly leef en bely,
al sou ook die owerhede en verordeninge van mense
daarteen wees;
en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.
Jesus is die Heer!
Aan U, enige God, Vader, Seun en Heilige Gees,
kom toe die eer en heerlikheid in ewigheid.

Verwerking van die Belhar-belijdenis tot ’n gebed


Kom, Skepper-Gees

Kom, Skepper-Gees, kom gee u seën
en laat die oes sing in die reën.
Die boom dra vrugte by die stroom
en mense pluk ’n nuwe droom.

Kom, Skepper-Gees, versterk geloof -
ons wêreld is vol brand en roof.
Laat ons u vrede oral stig,
’n vlam wat mense kom verlig.

Kom, Skepper-Gees, skenk ons u krag,
vul ons met moed vir elke dag.
Ook wanneer pyn en sorge knaag,
sal ons met ywer werk en waag.

U, Skepper-Gees, kom by ons bly,
dring ons om ons aan God te wy.
Leer U ons om met hoop te sug,
ons oë op ons Heer te rig.

Cas Vos.
(melodie: Lied 350, Liedboek 2013)

Psalm 87

Van die kinders van Korag:
’n Psalm, ’n Lied.
Sy grondvesting is op heilige berge.
Die Here het die poorte van Sion lief bo al die wonings van Jakob.
Heerlike dinge wordt van u gesê; o stad van God!
Ek wil Rahab en Babel vermeld onder hulle wat My ken;
kyk, Filistéa en Tirus saam met Kus -
hierdie een is daar gebore.
En van Sion sal gesê word:
Man vir man is daarin gebore,
en Hy, die Allerhoogste, hou dit in stand.
Die Heres al tel as Hy die volke opskrywe:
Hierdie een is daar gebore.
En die wat sing sowel as die wat vrolik is, zê:
Al my fonteine is in jou!

Mashiti Amen

-tekst in de Xhosa-taal en in het Engels- 

Beluister dit lied op YouTube: klik hier. 

Siyahamba (We are marching)

- Tekst in de Zulu-taal en in het Engels - 

Beluister dit lied op YouTube: klik hier.

O Heer, my God

O Heer my God, as ek in eerbied wonder
en al u werke elke dag aanskou:
Die son en maan, die aarde, sterre, wolke,
hoe U dit elke dag so onderhou

Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam:
Hoe heerlik, Heer, u grote Naam!

Ek sien die veld – die bosse, berge, vlaktes.
Ek hoor hoe fluister grasse, stroom en wind.
O Heer, U sorg vir klein, vir groot, vir alles
En U sorg dag na dag vir my, u kind.

Dan moet ek juig, my Redder en my God!
Hoe groot is U; hoe groot is U!
Want deur die hele skepping klink dit saam:
Hoe heerlik, Heer, u grote Naam!


(Johannes de Heer lied 886 / Opwekking lied 407)

Gebed uit Zuid-Afrika vertaald in het Nederlands

God, Hoe geweldig is het, hoe fantastisch,
om genezen te zijn van de bijtende ziekte van racisme en onderscheid,
om te leven als uw volk, samen in harmonie.

Uw Geest zal dan de harten en geesten van alle mensen vervullen.
Niemand zal meer beoordeeld worden op basis van ras of kleur;
maar iedereen zal bestuurd met recht en integriteit.

Oorlog zal voorbij zijn en mensen zullen samen hun land opbouwen.
Er zal niet gelet worden op huidskleur,
omdat iedereen gezien wordt als mens van God,
omdat U ieder mens maakte naar Uw eigen beeld.

En dit zal het begin zijn van wat U beloofde:
het leven dat nooit eindigt!

(Zuidafrikaanse Raad van Kerken) 

 

Mateloos krachtig (vertaald in het Nederlands)

Onze grootste angst is niet dat we onvolmaakt zijn.
Onze grootste angst is dat we mateloos krachtig zijn.
Het is het licht, niet onze schaduw, die ons het meest beangstigt.

We vragen onszelf:

wie ben ik om briljant te zijn,
prachtig, talentvol, fantastisch?
Maar wie ben jij om dat niet te zijn?
Jij bent een kind van God.

Je onbelangrijk voordoen bewijst de wereld geen dienst.
Er is niets verlichts aan je klein te maken
opdat andere mensen zich bij jou niet onzeker zullen voelen.
Wij zijn allemaal bedoeld om te stralen als kinderen.
Wij zijn geboren om de glorie van God, die in ons is, te openbaren.

Die is niet alleen maar in sommigen van ons;
die is in iedereen!
En als we ons licht laten stralen,

geven we onbewust andere mensen toestemming om hetzelfde te doen.
Als wij van onze angst bevrijd zijn,

bevrijdt onze aanwezigheid vanzelf anderen.

           

(Nelson Mandela tijdens zijn inauguratiespeech in 1994)